Health Care

Score5 (1 Votes)

SKAAPBESTUUR VOOR-LAM: Inleiding

Artikel 1 van 6 oor hierdie onderwerp

“CONCEPTION TO CONSUMPTION” - 'N PROGRAMBENADERING

Voorbereiding vir die lamseisoen is 'n baie belangrike fase. Dit is van die uiterste belang dat die ooi reg "voorbereid" is vir lam, sodat sy geboorte kan gee aan 'n ‘n gesonde en lewenskragtige lam (of lammers), dat die lammers kan oorleef (kolostrum & immuniteit) en dat die ooi die lammers goed kan grootmaak  (melkproduksie) tot en met speen.  

Daarbenewens, is dit belangrik om te onthou dat wat met die ooi in laatdragtigheid en lamtyd gebeur, 'n direkte invloed op die ooi se reproduksiesukses in die volgende dekseisoen sal hê! Baie van die aspekte wat in hierdie fase bespreek word, kan nie later (na-lam) reggestel word nie, of sal nie dieselfde impak hê as dit later gedoen word nie.

Onthou asseblief dat daar baie aspekte is wat 'n rol speel om sukses te verseker. As ons na die diagram kyk, kan ons sien dat daar baie interaksies is wat die mate van sukses (winsgewendheid) kan beïnvloed. Onthou die gesegde wat sê: "'n ketting is net so sterk soos die swakste skakel", geld ook hier!

Soos ons uit die diagram kan sien, word WINSGEWENDHEID gedryf deur UITSET (kg vleis/wol/hare verkoop), maal die PRYS waarvoor die uitsette verkoop word, minus die KOSTE om die uitsette te produseer. Die meeste van die tyd kan ons nie die prys wat ons kry beïnvloed nie, maar ons kan die uitset in 'n groter mate beïnvloed. Koste kan ook bestuur word, maar ons moet nie in die strik trap om op so 'n mate koste te bespaar, dat dit 'n negatiewe uitwerking op reproduksie en produksie het nie! Dit is belangrik dat as ons spandeer, ons maksimum opbrengs moet kry!

 

 

 

 

UITSET word gedryf deur Reproduksie (aantal lammers gebore per ooie wat gepaar is) + Produksie (groei van lammers/bokkies, asook wol/haar geproduseer), minus Mortaliteite. Die meeste vrektes vind plaas vanaf geboorte tot speen. Bestuur van ooie in laatdragtigheid en tydens lamtyd is krities vir lamoorlewing.

Bestuur het 'n oorheersende effek op al die hoofopskrifte in die diagram. Daarom is dit so belangrik om te beplan om ‘n volledige bestuursprogram op te stel en uit te voer. Soms fokus ons soveel op die gebruik van tegnologie om reproduksie en produksie te verbeter of om na “fancy points” te kyk, dat ons die “basiese” afskeep. Sonder die basiese beginsels, sou ons nie die volle voordeel kon pluk wat die gebruik van tegnologie kan bied nie!

Elke produksiefase sal aan die hand van die volgende aspekte bespreek word: voeding/kondisie, (teelgeskiktheid - waar van toepassing), inenting, spoormineraalaanvulling, parasietbeheer en enkele algemene bestuursaspekte. 

Die doeltreffendheid van die "programbenadering" wat op produksiefases fokus, sal verbeter word indien dit saam met 'n vaste teelseisoen(e) toegepas word. Sonder 'n vaste teelseisoen word dit baie moeilik om "presisie" boerdery in sy eenvoudigste vorm uit te voer nl. - om die regte dinge op die regte tyd te doen!

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

Multimin® + Se Cattle, Sheep and Angora Goats

Read more

Multimin® + Se Sheep and Angora Goats

Read more

OptiLumen Sheep and Goats

Read more

Prodose® Orange

Read more

Prodose® Yellow LA

Read more