Health Care

Score4 (1 Votes)

Bosluisoorgedraagde siektes: Anaplasmose (Galsiekte)

 

Anaplasmose (Galsiekte) is 'n belangrike bosluisoordraagbare siekte, wat ‘n groot ekonomiese impak het en veeverliese tot gevolg kan hê.

Anaplasmose word veroorsaak deur 'n mikro-organisme wat in rooibloedselle van besmette diere voorkom. Daar is twee tipes: Anaplasma marginale en Anaplasma centraleAnaplasma marginale is by verre die belangrikste want dit veroorsaak dikwels ernstige siektes en vrektes by vatbare beeste. 

 

Anaplasmose kan oorgedra word deur:

  • 5 verskillende bosluisspesies

  • bloedsuiende vlieë soos stal- en perdevlieë

  • naalde wat gebruik word vir inentings of tatoeëring

 

Anaplasmose kom in die grootste deel van Suid-Afrika en Namibië voor. Uit die 5 verskillende bosluisspesies is die belangrikste oordraer/vektor die bloubosluis (R. decoloratus). Die parasiet A.marginale / A.centrale word deur die nimf- en volwasse stadiums van die bosluisspesie oorgedra. Bosluise word besmet wanneer hulle voed op beeste wat  siek is of herstelde diere wat draers van die siekte is.

 

 

Simptome:

Anaplasmose simptome kan waargeneem  3-6 weke dae nadat die besmet is met A.marginale / A.centrale

  • Volgehoue  / wisselende koors (>40˚C)

  • Bloedarmoede

  • Geelsug

  • Rumenstase

  • Hardlywigheid

  • Daling  in melkproduksie.

 

Diagnose:

Kliniese tekens, soos hierbo beskryf, kan 'n aanduiding wees van die siekte, maar bevestiging van Anaplasmose (Galsiekte) sal deur 'n veearts gemaak moet word d.m.v 'n bloedsmeer of nadoodse ondersoek


Behandeling:

Anaplasmose word sterk deur die heersende klimaatstoestande beïnvloed en uitbreke vind gewoonlik plaas in die warmer somer- en herfsmaande.

  • Indien die diere Anaplasmose het, behandel hul met Terralon® LA  teen  1ml/10kg te gebruik.

  • Onthou altyd om ondersteunende behandelings soos Vitamin B Co en Rumix poeier te gebruik vir enige dier wat koors  onderlede het.

  • Beheer bosluise en vlieë deur te dip. Maak gebruik van kombinasie produkte soos Amipor® of MultiDip

 

 

Met hoë bosluisuitdagings of wanneer diere na spaarkampe geskuif word:

  • Dip diere 1 x per week, vir 3 weke/ Dip volgens die 5, 5, 4 dae dipstrategie

  • Gebruik altyd kontakdipmiddels vir onmiddelike beheer: Amipor® of MultiDip

 

Kontak jou plaaslike Virbac Tegniese Verkoopsadviseur vir meer inligting rakende Anaplasmose en Bosluisbeheer

Vote for this content: 5 4 3 2 1

VERWANTE PRODUKTE

Amipor®

Read more

MultiDip

Read more

Rumix (Oberon Pharma)

Read more

Terralon® LA

Read more

Vitamin B Co (Oberon Pharma)

Read more

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?