Health Care

Score0 (0 Votes)

Melkkoeie : Die Vermindering van Mastitis en Somatiese Seltelling met Behulp van MULTIMIN®

Mastitis bly een van die ekonomies belangrikste siektes in suiwelproduksie, ondanks verbetering in die bestuur van subkliniese mastitis gedurende die afgelope dekade (Geary et al. 2012). Mastitis is 'n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur patogene wat die speenkanaal van die uier binnedring. Dit veroorsaak ontsteking in die uierweefsel, maar kan ook deur ander omgewingsfaktore en/of meganiese besering veroorsaak word. Die gevolge kan insluit: ligte tot ernstige ongemak vir koeie, rooiheid, swelling en pyn in die uier en spene, en uiteindelik 'n afname in voerinname en melkproduksie, koors, en in sommige gevalle selfs vrektes.

Die voorkoms van mastitis in melkkuddes word aan die somatiese seltelling (SST) gemeet. Hoe hoër die SST, hoe laer is die melkkwaliteit en dus die inkomste wat uit die verkoop van melk diè verkry word. 'n Onlangse studie in Suid-Afrika oor die ekonomiese impak van mastitis in Holstein- en Jersey-kuddes, het op 'n geweldige afname in winste van tussen R500 en R1,800 per koei per jaar gedui (Banga et al. 2014).

Behalwe goeie bestuurs- en higiënepraktyke op die plaas, kan mastitis ook deur middel van antibiotika behandel word. Produsente wat egter melk waarin spore van antibiotika teenwoordig is verkoop, word weens die streng beheer oor die melkkwaliteit, dikwels gepenaliseer aangesien hierdie melk nie vir verdere verwerking geskik is nie. Daarom is 'n plaasvervangende of komplimentêre strategie nodig om uiergesondheid en melkkwaliteit te verbeter.

Een so 'n strategie is om die immuunstelsel van melkkoeie te verbeter en daardeur die verdedigingsmeganisme teen matitisveroorsakende bakterieë te verhoog. MULTIMIN®, as 'n strategiese inspuitbare spoormineraalaanvulling, is oor die afgelope 30 jaar deur en deur bewys om onder meer die immuunstelsel van diere te verbeter. Hierdie resultate is behaal selfs wanneer diere voer gelykstaande aan, of self beter as NRC aanbevelings inneem. Die gesondheidsvoordele van die verbetering van spoormineraalstatus voor kalwing, is in 'n proef deur Cornell Universiteit getoon (Machado et al. 2013):

Holstein-koeie en -verse (n = 1416) op drie plase is in die studie gebruik. Die helfte van die koeie is 30 dae voor kalwing en weer 30 dae voor KI met Multimin behandel. Die aanbevole vlakke van spoorminerale is deurlopend in alle koeie se rantsoene gevoer. 

Die Multimin-behandelde koeie het ‘n laer voorkoms van kliniese mastitis (20% vs 25%) en baarmoederinfeksie gehad. Die Multimin-koeie het ook ‘n laer somatiese seltelling (SCC)  gedurende die eerste 5 maande van laktasie gehad.

‘n Strategiese MULTIMIN op-top kan dus bydra tot beter koeigesondheid, wat laer behandelingskoste en verhoogde inkomste uit verkope van beter melkkwalitiet tot gevolg kan hê.  

 

Machado VS, Bicalho MLS, Pereira R V, Caixeta LS, nauer WA, Oikonomou G, Gilbert RO, Bicalho RC. Effect of and injectable trace mineral supplement containing selenium, copper, zinc and manganese on the health and production of lactating Holstein cows. Vet J. 2013 Aug;197(2):451-6.

 

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more