Health Care

Score1 (1 Votes)

Melkkoeie: Spoormineraal aanvullingstrategie met opdroog

Waarom sê ons aanvulling met MULTIMIN® gedurende opdroog? Tydens opdroog word melkkoeie aan groot stresfaktore onderwerp, soos die skielike staking van melk, ongemak in die uier en fisiologiese wanbalanse, wat veranderde energie, immuun- en hormonale toestande insluit. Hierdie belangrike fisiologiese oorgang van laktasie na nie-laktasie kan die dier se gesondheid en welsyn in gevaar stel. 

'n Koei wat die droëperiode binnegaan, is byvoorbeeld in haar laaste trimester van dragtigheid. Fetale groei is die vinnigste, melkproduksie neem skielik af en sosiale stres kan veroorsaak word deur die verskuiwing na ander groepe met nuwe  koeie en pikorde. Navorsing deur Putman et al (2018) het getoon dat biomerkers gekoppel aan ‘n verandering in voedingsstofmetabolisme, ontsteking en oksidatiewe stres, merkbaar verander tydens die aanvang uier-involusie.

Droëkoeie word gewoonlik met 'n hoër vesel-dieet gevoer om koste te verlaag en aan hul spesifieke voedingsbehoeftes te voldoen. 'n Tipiese droë Holstein-koei, vreet 50 tot 60% minder droëmateriaal as 'n lakterende koei tydens haar piek droëmateriaal inname. 'n Droëkoei het ook 'n laer voedingsbehoefte as die ekwivalente koei wat 30 kg melk lewer. 'n Skielike oorgang van ‘n lakterende koeirantsoen na ‘n droëkoeirantsoen, veroorsaak 'n skerp afname in die daaglikse inname van ander voedingstowwe soos vitamiene en minerale. In sekere dele van Suid-Afrika wei droëkoeie dikwels in weidingstelsels waar minerale aanvulling en / of inname beperkend kan wees. 

Die potensiële spanning wat hoë produserende koeie in die vroeë droëperiode ervaar, is soortgelyk aan die van vroeëlaktasie. Daar kan aanvaar word dat hulle ‘n verandering in voedingsstofmetabolisme, oksidatiewe stres en inflammasie sal ervaar, wat gesamentlik metaboliese stres kan veroorsaak (Putman et al. 2018). Hierdie metaboliese stres kan die gereedheid van die koeie vir die belangrike oorgangsperiode, wat binnekort volg, negatief beïnvloed.

Die toediening van 'n inspuitbare spoormineraalaanvulling soos MULTIMIN®, met aanvang of voor opdroog, word aanbeveel om te verseker dat voldoende hoeveelhede van die belangrikste spoorminerale beskikbaar is gedurende hierdie periode met ‘n verhoogde behoefte, om die moontlike negatiewe effekte wat koeie tydens die droëtydperk kan ervaar, teen te werk tydens die opdroog fase. 




Putman AK, Brown JL, Gandy GC, Wisnieski L, Sordillo LM. Changes in biomarkers of nutrient metabolism, inflammation and oxidative stress in dairy cows during the transition into the early dry period. J Dairy Sci. 2018 Oct 1:101(10):9350-9.

Vote for this content: 5 4 3 2 1

Wil u meer te wete kom oor die onderwerp?

VERWANTE PRODUKTE

Multimin® + Se + Cu + Cr Cattle

Read more

Multimin® + Se + Cu Cattle

Read more

Pro-Vit A

Read more